Friday, October 31, 2014

Oktober 2014

Ons het ons Shengen Visums gekry by die Duitse ambassade - wat 'n fantastiese, efficient span is daai nie!!

Terwyl ons die kans het om Europa toe te gaan, gooi ek en Corna 'n week se vakansie in:
Ons doen weer 'n "River Cruise" op Leufner-Amadeus se SILVER skip op die Rhine rivier - vanaf Basel, Switzerland na Amsterdam, Nederland vir 8 dae.

Ons Itinery:
Vertek 1 November vanaf Windhoek via Air Namibia
Land die 2de November in Frankfurt
Reis per trein na Bazel, Switzerland en slaap oor in Hotel D Basel
Gaan aanboord op die 3de November en reis teen die Rhine op vir 8 dae tot in Amsterdam
Die 10de November verlaat ons die boot en oornag in Amsterdam in die IBIS Amsterdam Central
Die 11de November reis ons per trein na Dusseldorf;
Ontmoet die res van ons geselskap by die Kasteel Hogenpoet waar ons bly vir die tydsduur van die Expo.
Die Expo hou aan tot die 15de, waarna ons na Frankfurt vertrek via trein
En terugvlieg na Windhoek, om die 16de tuis te wees.

Wel, hou hierdie spasie dop vir terugvoer oor ons reis.
Hoop julle geniet die reis saam met ons ........


September 2014

Ek en Corna word geseen met 'n uitnodiging na die 2014 Medica Expo in Dusseldorf, Duitsland.

Vir my is dit 'n droom wat bewaarheid word - dit was nog altyd 'n groot begeerte by my om hierdie Expo by te woon. En hier nooi ErongoMed ons om te gaan!!

Ek is so opgewonde, ek is sommer lus en gaan sit in 'n hoek en hiperventileer!!!

Michael, Mark en Dirk Wegener gaan saam met ons. Baie dankie aan Dr Vik Naik wat dit vir ons moontlik maak.

Nou vir die relings en beplaning ......